AfriSake nooi hiermee geskikte kandidate om aansoek te doen vir die pos van finansiëlebeampte/-rekenmeester. Die pos ‘n halfdag posisie en is gebaseer in Kloofsig, Centurion.
Die finansiëlebeampte/-rekenmeester sal rapporteer aan AfriSake se Hoof van Bedryfsaangeleenthede.
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir finansiële aangeleenthede by AfriSake, insluitende die volgende: finansiële prosesse en stelsels; begrotingsbestuur; betalings en boekstawing; opstel van finansiëlebestuurstate en ander rekeningkundige aangeleenthede.
Die ideale kandidaat sal se pligte onder meer insluit, maar is nie beperk tot:
*Hersiening en implementering van finansiële prosesse en stelsels;
*Voorbereiding en kontrolering van fakture en betalings;
*Prosessering van bankstaat- en kredietkaarttransaksies;
*Opstel en voorhou van algemene joernale en finansiëlebestuurstate;
*Beplanning en finalisering van ouditlêer;
*Oudit- en belastingondersoeke;
* Skakeling met diensverskaffer;
*Begrotingsbestuur en gereelde verslagdoening.
Vaardighede en eienskappe wat tot die kandidaat se voordeel sal strek sluit in:
*Kennis van Pastel Evolution, sowel as van die nuwe generasie finansiële stelsels;
*Gevorderde Microsoft Office Excel vaardighede;
*Akkuraat en detail georiënteerd;
*Administratiewe, sowel as tik- en rekenaarvaardighede.
*Puik rekeningkundige vaardighede;
*Goeie organisering- en kommunikasievaardighede;
*Handhawing van goeie menseverhoudinge;
*Vermoë om onder druk te werk;
Om te kwalifiseer benodig kandidate ʼn toepaslike kwalifikasie en 2 tot 5 jaar relevante ondervinding.
Indien jy in die profiel pas, stuur asseblief ʼn Afrikaanse weergawe van jou CV na mhb@afrisake.co.za voor of op 17 Julie 2018.