Mondelinge Kommentaar op die Wetsontwerp op die Agtiende Grondwetwysiging

Parliament
[spreaker type=player resource="episode_id=44014203" width="100%" height="200px" theme="light" playlist="false" playlist-continuous="false" autoplay="false" live-autoplay="false" chapters-image="true" episode-image-position="right" hide-logo="false" hide-likes="false" hide-comments="false" hide-sharing="false" hide-download="true"]

Die sakegroep, Sakeliga, het vandag by parlementêre komiteeverhore sterk beswaar teen die voorgestelde Agtiende Wysigingswetsontwerp op die Grondwet. 

Sakeliga het, soos vantevore, klem op die grondwetlike onversoenbaarheid van onteiening sonder vergoeding gelê, maar het bygevoeg dat onlangse formulerings die parlement op risiko plaas om publiekregtelike wanvoorstellings te doen. 

Piet le Roux, uitvoerende hoof van die organisasie, het namens Sakeliga aangevoer: 

  1. “Grondwette is nie wettige grondslagdokumente is net omdat dit op ‘n sekere manier goedgekeur is nie, maar fundamenteel omdat dit aan ‘n sekere basiese struktuur voldoen en ‘n sekere basiese inhoud het.” 
  2. “Onteiening sonder vergoeding, goed begrepeis beslaglegging en dus onversoenbaar met die basiese struktuurvereistes van konstitusionalisme.” 
  3. “Die vervanging van die woorde ‘onteiening sonder vergoeding’ deur ‘onteiening met nul vergoeding’ verander niks van wesenlike belang nie en lok daarom bloot parlementêre inkriminering deur wanvoorstelling uit, dit wil sê publiekregtelike bedrog.” 

Vir die teks van Le Roux se voorlegging tydens vandag se verhoor, klik hier. 

Vir Sakeliga se volledige skriftelike submissie van Februarie 2020 , klik hier. 

 
Archives