Die NGV moet so lank as nodig vasberade teengestaan word

42428241860_03ce06ce7e_c

Sakeliga beskou die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) as ‘n onaanvaarbare en onverantwoordelike wetsvoorstel. Ons sal die implementering daarvan teenstaan. 

Ons moedig ondernemings en die publiek aan om hierdie poging tot die nasionalisering van gesondheidsorg en mediese praktisyns teen te staan, waar ook al moontlik. Daarby stel ons ondersteuning voor vir organisasies wat die NGV met litigasie en andersins teenstaan en wat vryheid in gesondheidsorg bevorder. 

Die presidensie se bevordering van hierdie voorstelle is onverantwoordelik omdat dit by die publiek verkeerde verwagtinge skep oor die publieke beskikbaarheid van private gesondheidsorghulpbronne. Sulke verkeerde verwagtinge kan bydra tot die verdere ondergrawing van daardie kultuur van respek vir eiendom wat nodig is vir florerende samelewings en ekonomieë. 

Sakeliga se Missie: Bou Skaalbare Oplossings Teen Staatsverval

Gesonde etiek vereis dat ondernemings en die gemeenskappe wat hulle dien staatsinmenging teenstaan waar daardie inmenging skadelik en ongeregverdig is, soos duidelik die geval is met die NGV-voorstelle. In sulke gevalle is dit gepas dat ondernemings streef na maksimum haalbare nie-nakoming in hul eie en die openbare belang.

Sakeliga verwelkom die wydverspreide teenkanting teen die wet. Ons beoog om die wet vir so lank as nodig teen te staan en sien uit na samewerking met maatskappye, burgerlike organisasies en ander belanghebbendes totdat die NGV-wet ongedaan gemaak of kragteloos gestel is. 

Maak 'n kragtige en blywende ekonomiese impak.

Argiewe