Om Ons Handelsroetes Terug te Neem

Die N3 snelweg word bedreig. Gewelddadige misdaad, blokkades, en oproer teister een van Afrika se mees waardevolle handelsroetes. 

Die N3 Sekuriteitsinisiatief

Die N3 Sekuriteitsinisiatief

Om die N3 met ‘n toegewyde patrollie teen gewelddadige misdaad te beskerm – in die openbare belang.

 

Ons doel: Beveilig vragmotorbestuurders en die publiek, beskerm vrag, en bring orde na hierdie kritieke handelsroete.

Vragverliese word meer en meer – dis onuithoudbaar. Dis nou tyd om strategies iets in plek te kry.

GAVIN KELLY

Uitvoerende hoof

Padvragvereniging (RFA)

Toenemende Snelwegmisdaag

Jaarliks beweeg honderde miljarde rande se goedere met die N3 langs. 

 

Misdadigers benut die leemtes gelaat deur die verval van staatsbeveiliging om vragmotorbestuurders en pendelaars te teiken.

 

Die afweer van hierdie bedreiging is noodsaaklik om die kostelas op vervoerondernemers, versekeraars, produsente, en kliënte te verklein.

Die Projek

Die N3 Sekuriteitsinisiatief het ten doel om ‘n snelwegpatrollie op die N3 te vestig, toegerus om op te tree teen gewelddadige snelwegmisdaad.

Snelweg-patrollie

Ses professionele sekuriteitspanne, elk met twee hoogs opgeleide beamptes, werksaam 24/7 in goed toegeruste patrollievoertuie.

Operasionele Respons

12-man intervensie-eenheid van spesialis operateurs, gereed om na kritieke insidente te ontplooi.

Beheerkamer

24-uur volledig operasionele beheerkamer, sentraal geleë.

Gedeelde Intelligensie

Werk saam met gerekende private sekuriteitsbedrywe, nooddienste, en industriekenners.

Projekstatus Tans

Keuse van Terrein
Afgehandel
Keuse van Beheerkamerfasiliteit
Afgehandel
Keuse van Sekuriteitsdiens
Afgehandel
Regsontleding
Afgehandel
Fondswerwing
In proses
Loodsing van Projek
Hangende

Help Ons Om die N3-hoofweg te Beskerm​

Jy kan deel wees daarvan om ons snelweë terug te neem.

 

Ons het R7 miljoen van die R17,5 miljoen teiken ingesamel.

0 %

Skarebefondsing

 

Vir R50 – R10,000 eenmalig of herhalend.

Korporatiewe Befondsing

 

Vir bedrae bo R250k.

Skarefondsing

 

Vir R50 – R10,000 eenmalig of herhalend.

Korporatiewe Befondsing

 

Vir bedrae bo R250k.

Bly op hoogte van ons sekuriteitsinisiatiewe

Teken in op ons nuusbrief en ontvang die jongste opdaterings oor die N3 Sekuriteitsinisiatief.

Befonds die N3 Sekuriteitsinisiatief

Ons benodig toegewyde befondsingsvennote om die projek te vestig.

Word deel van die Sakeliga Binnekring

Nuusbriefintekenaars ontvang die jongste nuus oor litigasie, hoogtepunte van sake, sowel as analise en kommentaar oor sleutelgeberutenisse wat die ekonomiese en besigheidsomgewing beïnvloed. U kry ook toegang tot opnames en Sakeliga-geleenthede.