Ontledings en Peilings

Beveg korrupsie met minder politiek en meer besigheid in Suid-Afrika

Beide private en openbare sektor korrupsie, hetsy moreel of misdadig, is die gevolg van perverse aansporings. Hierdie aansporings is op hul beurt die gevolg van ‘n politieke filosofie wat dit as, in die beste geval, gepas, en in die ergste geval, noodsaaklik beskou dat beleidsoorwegings (en politieke oorwegings) ‘n sentrale rol in kommersiële en ekonomiese […]
Lees meer

BBP-groei – “tegnies” uit die “resessie”, maar nog lank nie uit die sop

Statistieke Suid-Afrika het vandeesweek die BBP-syfers vir die derde kwartaal van 2018 vrygestel. Daarvolgens het die Bruto Binnelandse Produk (BBP) teenoor die tweede kwartaal met 2,2% toegeneem (volgens die aangesuiwerde syfers). Baie gewag word gemaak oor die feit dat SA nou die twee kwartale van negatiewe groei, oftewel die “tegniese resessie”, ontsnap het. Hoewel dié […]
Lees meer

Slegs twee uit tien sakeondernemings funksioneer teen volle kapasiteit tydens begin van Vlak 3-inperkings – Sakeliga Ondernemingsimpakpeiling

Slegs ongeveer twee uit tien sakeondernemings wat deelgeneem het aan die sakegroep Sakeliga se ondernemingsimpakpeiling vir Junie het aangedui dat hulle hul aktiwiteite teen volle kapasiteit kon hervat in Junie. Die peiling is geneem onder Sakeliga-lede en breër netwerk. Daarby het respondente aangedui dat skade aan verbruikers se beursies weens Covid-19 en die regulatoriese reaksie […]
Lees meer

Emigrasie: Finansieel, fisies, beide?

Met al die negatiewe binnelandse nuus, is dit miskien nie verbasend dat baie Suid-Afrikaanse inwoners dit oorweeg om hul bates in die buiteland te plaas nie. Suid-Afrikaanse beleggers gebruik al vir dekades die strategie om deel te word van die wêreldekonomie deur hul binnelandse beleggingsportefeuljes na die buiteland te diversifiseer. Hierdie strategie behels die omskakel […]
Lees meer

SA-ekonomie stort ineen tot onder 2008/09-krisisvlakke

Noodsaaklike hervormings ontbreek steeds Die Suid-Afrikaanse regering se wetgewende reaksie tot Covid-19 was ’n ernstige skok vir die ekonomie. Dit volg op ‘n ekonomiese beleidsomgewing wat stelselmatige deur die loop van 2020 versleg het. Beide die Zuma-administrasie en die Ramaphosa-administrasie (tot op datum) het nie daarin geslaag nie om markhervormings te implementeer wat nodig is om die gety van ekonomiese agteruitgang om te keer. Suid-Afrika is tans veel […]
Lees meer

Sakeliga-grafieke – ‘n vinnige oorsig van die BBP-groei in K2 2019

Statistieke Suid-Afrika het onlangs die BBP-syfers vir die tweede kwartaal van 2019 bekendgemaak. Daar was inderdaad ‘n opswaai in die ‘amptelike’[1] koers van -3,1% in K1 tot by +3,1% in K2. Volgens die syfers is ‘n ‘tegniese resessie’ miskien vrygespring, maar in die groter prentjie is dit minder belangrik. Dit is eerder die tendens van […]
Lees meer