Gekoördineerde opposisie sal seëvier teen Wysigingswet op Billike Indiensneming

Sakeliga verwelkom die besluit om die Wysigingswet op Diensbillikheid (EEAA) teen te staan, wat vandag op uitnodiging van Solidariteit deur meer as dertig organisasies onderteken is. Die EEAA sal nie net verslaan word deur ondernemings wat die implementering daarvan organies weerstaan nie, maar belangriker ook deur die gekoördineerde en groeiende opposisie van onafhanklike organisasies in […]


Sakeliga-saak teen Ouditeur-Generaal aangehoor 

Sakeliga se hofsaak teen die Ouditeur-Generaal van Suid-Afrika (OG) om vir die eerste keer die staatsouditeur se ongeopenbaarde bestuursverslae van 154 probleemmunisipaliteite openbaar te maak, is verlede week aangehoor.  Betoë het hoofsaaklik gewentel rondom die vraag of die OG ‘n Grondwetlike plig het om hierdie bestuursverslae openbaar te maak. Die bestuursverslae verskil van die opsommende […]


Sakeliga en Pretoria Sakekamer gaan PEU/TUMS-aangeleentheid in Tshwane ondersoek

Sakeliga en die Pretoria Sakekamer nader die Stad Tshwane oor tot dusver versweë aanspreeklikhede wat voortspruit uit onwettige elektrisiteitsmeterkontrakte met PEU Capital Partners (PEU) en Total Utility Management Services (TUMS). Sakeliga en die Pretoria Sakekamer gaan verdere inligting versoek, insluitend finansiële en ouditinligting, wat ons in staat sal stel om te bepaal tot watter mate […]



Sakeliga verwelkom terugtrek van Eskom-sluierregulasies

Sakeliga verwelkom Minister van Finansies, Enoch Godongwana, se aankondiging dat die vrystelling vir Eskom van bepalings ingevolge die Wet op Openbare Finansiële Bestuur “vir nou” teruggetrek sal word. Nietemin het Sakeliga reeds begin ondersoek instel na die mate waartoe soortgelyke vrystellings vir ander staatsentiteite oorweeg word. Sakeliga se regspaneel dien tans PAIA-aansoeke in om te […]


Sakeliga eis dat sluierregulasies oor Eskom-verspilling teruggetrek word

Sakeliga se prokureurs rig tans ‘n skrywe aan die Minister van Finansies waarin ons vereis dat die minister redes verskaf vir sy besluit dat Eskom nie onreëlmatige uitgawes asook vrugtelose en verspilde uitgawes in sy finansiële state hoef te verklaar nie.   Hierdie omstrede besluit is op 31 Maart 2023 in die staatskoerant gepubliseer.  Sakeliga dring […]


Sakeliga neem stappe teen staat se vertragings in munisipale verval-hofsake

Staatsrespondente is besig om kritieke litigasie oor munisipale verval in Noordwes gewetenloos te vertraag. Vertraging aan die kant van die staat en ‘n skynbare gebrek aan prioritisering van sake van konstitusionele belang in die Hooggeregshof Mahikeng, stel gemeenskappe en sakelui aan eskalerende staatsverval bloot.  Dit is die stand van sake nadat die Hooggeregshof in Mahikeng […]


Nóg dringende regshulp in Sakeliga se guns in Ditsobotla, maar groot geveg lê nog voor

Die Hooggeregshof in Mahikeng het verlede week verdere dringende regshulp toegestaan in Sakeliga se voortslepende hofaansoek oor die krisis in Lichtenburg en Coligny in die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit. Dit volg op dringende regshulp wat die hof op 14 Oktober 2022 toegestaan het wat van die munisipaliteit vereis het om dringend volledige watertoevoer na die gemeenskappe […]