Tronkstraf naby vir munisipale bestuurder oor nie-voldoening aan Sakeliga-hofbevel

Die voormalige munisipale bestuurder van die Mogalakwena Plaaslike Munisipaliteit in Limpopo sal volgende week moet tronk toe gaan, tensy die munisipaliteit vandag rekords waarvoor reeds in Mei 2021 aansoek gedoen is, aan Sakeliga oorhandig. Hendrick Ngoepe, voormalige munisipale bestuurder, asook die munisipaliteit self en sy huidige munisipale bestuurder is verlede week in ‘n aansoek deur […]


Sakeliga kry bevel teen Dlamini-Zuma oor openbaarmaking van inperkingsrekords

Besluitnemingsrekords oor Covid-inperkings sal vir eerste keer openbaar gemaak word Vir die eerste keer sedert die verklaring van ‘n nasionale ramptoestand oor Covid-19 in Maart 2020, sal die sluier van geheimsinnigheid oor die regering se besluitnemingsprosesse oor Covid-rampbestuurregulasies, gelig word. Weens ‘n hofoorwinning wat Sakeliga vandeesmaand teen Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Nkosazana […]



Sakeliga KragDag bring bekende Gauteng “kragstasie” Kaap toe

KragDag, die bekende doen-jou-eie-ding selfstandigheidsekspo, sal saam met Sakeliga as hoofborg, vir twee dae ‘n “kragstasie” in die Wes-Kaap, net buite Malmesbury oprig wanneer dié ekspo vir die eerste keer op 17 en 18 Februarie 2023 op die bekende Môreson Plaas aangebied word. HP Steyn, besturende direkteur van KragDag verduidelik: “Ons tema vir 2023 is […]


Sakeliga herhaal: staatsentiteite kan onmiddellik kies om BEE- en plaaslike inhoudvereistes in verkryging te staak

Sakeliga herhaal die standpunt in ons verklaring en spesiale verslag wat verlede week uitgereik is dat staatsentiteite onmiddellik BEE- en plaaslike inhoudsvereistes in verkryging kan staak. Die Wetsontwerp oor Openbare Verkryging kan dit nie verander nie en in die mate waartoe dit so voorgee sal Sakeliga dit grondwetlik aanveg.   Nóg foutiewe “opklaring” deur sommige nasionale […]


Lichtenburg munisipale krisis: regering bly in versuim, Sakeliga verskerp regstappe

Nóg die administrateur van die Ditsobotla plaaslike munsipaliteit, nog die Noord-Wes-regering is klaarblyklik daartoe in staat om behoorlike watertoevoer na die dorpe Lichtenburg, Coligny en ander te herstel kragtens ‘n hofbevel wat Sakeliga reeds op 13 Oktober bekom het. Sakeliga verskerp daarom nou ons regsoptrede teen die president, die Noord-Wes-regering en die administrateur van die […]



STAATSENTITEITE KAN ONMIDDELLIK VERPLIGTE BEE BY VERKRYGING STAAK

Nasionale Tesourie oorweldig deur meer as 700 aansoeke om vrystelling van  voorkeurverkryging ná Sakeliga se Konstitusionele hof-oorwinning Sakeliga kan vandag aankondig dat BEE en plaaslike inhoudvereistes (‘local content’) in staatsverkrygingsregulasies, weens ons vyf jaar lange hofstryd teen die Minister van Finansies, uiteindelik geskrap is. Nuwe regulasies wat verlede week deur die Minister van Finansies uitgevaardig […]



Dringende regshulp toegestaan in Sakeliga-saak in Ditsobotla

Die Hooggeregshof in Mahikeng het gister dringende regshulp toegestaan in Sakeliga se hofaansoek oor die krisis in Lichtenburg en Coligny in die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit. Die uitspraak vorm ‘n onderdeel van ‘n hofsaak waarmee Sakeliga en andere, gemeenskappe se rol by die herstel van watervoorsiening ordelik wil versterk en ingryping deur die nasionale regering wil […]