Lisensieraad vir Lugdienste win regsadvies in oor hul onwettige BEE-vereistes

Die Lisensieraad vir Lugdienste (ASLC) is kniediep in die moeilikheid oor hul onwettige BEE-vereistes en vra nou by Sakeliga tyd om regsadvies in te win. Die ASLC is ’n statutêre liggaam wat lisensies aan lugdiensondernemings moet toeken onderhewig aan operasionele, veiligheid- en aanspreeklikheidsvereistes. Sakeliga het einde verlede jaar onthul dat die ASLC lugdiensondernemings onder druk […]


Staat probeer onregmatig BEE ’n voorvereiste maak vir lugdienslisensies

Die Lisensieraad vir Lugdienste (ASLC) is onregmatig besig om lugdienslisensies aan rassekriteria onderhewig te maak. Die ASLC dreig tans om lugdiensondernemings wat te wit na sy oordeel is se lisensies te weerhou. Sakeliga het die ASLC vandag dringend gemaan om die proses onmiddellik te staak en terug te keer na die toepassing van alleenlik die […]


Sakeliga neem Tesourie hof toe oor Eskom-sluierregulasies

Sakeliga het ’n hofsaak van stapel gestuur  om inligting te openbaar oor hoe die Nasionale Tesourie aan Eskom en ander staatsentiteite twyfelagtige vrystellings van finansiële verslagdoeningsvereistes wou toestaan. Dit volg nadat Sakeliga in April die Minister van Finansies se terugtrekking van Eskom se vrystelling van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur verwelkom het. Die terugtrekking […]


Landbou-besighede wat ‘te wit’ is wél in gevaar

Die departement van landbou het onlangs luidkeels ontken dat dit BEE ’n voorwaarde vir uitvoere wil maak. Hul vertroulike, interne dokumente vertel egter ’n ander verhaal. Die storm het ontstaan met Rapport en City Press se voorbladberigte twee weke gelede, dat die staat wit boerderye sou verbied om uit te voer. Die bron was twee […]


Staan jou MAN! Riglyne vir boere om AgriBEE te navigeer

Hoe kan produktiewe boere hul besighede beskerm teen die skadelike gevolge van die voorgestelde AgriBEE riglyne? Hierdie moeilike vraag het ontstaan nadat Sakeliga onlangs vertroulike dokumentasie wat verband hou met beoogde BEE-afdwinging in die sektor vrygestel het. Vir boere wat proaktiewe strategieë wil toepas, het Sakeliga ‘n paar oorwegings aan die hand gedoen waarmee boere […]


Sakeliga doen verdere optrede oor Minister van Landbou se AgriBEE-plan en internasionale handelsooreenkomste

Sakeliga doen tans verdere stappe om verantwoordbaarheid te vestig by die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling oor sy onwettige AgriBEE-planne en moontlike skending van internasionale handelsooreenkomste. Dit volg op Sakeliga se publikasie verlede week van die departement se vertroulike, interne planne om onwettige BEE-vereistes op die landboubedryf af te dwing. Sakeliga het die […]


Nuwe staatsverkrygingsvoorstel perfekte resep vir versnelde staatsverval

Die nasionale tesourie se jongste wysigings aan die Wetsontwerp op Staatsverkryging is die perfekte resep vir versnelde staatsverval. Dit wil alle munisipaliteite, provinsies en staatsorgane – ongeag politieke party of “onafhanklikheid” – dwing om tenders toe te ken volgens dieselfde, mislukte nasionale regeringsbeleid. Die voorstelle skep uitdruklike verpligtinge vir alle staatsorgane om voorkeur staatsverkryging eerder […]


Sakeliga neem deel aan Bitcoin-geleentheid wat parallelle strukture vir vrye en welvarende gemeenskappe ondersoek

Sakeliga Uitvoerende Direkteur en ekonoom Russell Lamberti sal praat by die komende Adopting Bitcoin Cape Town-konferensie by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum op 26 – 28 Januarie 2024. Sy toespraak sal Sakeliga se strategie uiteensit vir die ontwikkeling van skaalbare oplossings vir staatsverval en die bevordering van ‘n florerende ekonomie wat sal bestand wees teen skadelike […]


Mededingingskommissie verdraai “openbare belang” ten koste van publiek, ekonomie 

Die arbitrêre en onvoorspelbare misbruik van “openbare belang” oorwegings deur die mededingingskommissie tydens samesmeltings is onwettig en veroorsaak groot ekonomiese skade.  Dít is die kruks van Sakeliga se kommentaar teen die mededingingskommissie se voorgestelde riglyne.  Die regulasies poog om maatreëls soos BEE, wat vir transaksies met die staat bedoel is, op die privaatsektor af te […]


Die burgerlike reaksie op misdaad en chaos

Die volgende artikel is gebaseer op ‘n toespraak gelewer deur Gideon Joubert, hoof van sekuriteitsprojekte by Sakeliga tydens die 2023-beraad vir sterker sakekamers en organisasies. Suid-Afrika het een van die grootste en vinnigste groeiende georganiseerde kriminele sektore ter wêreld. Volgens die jongste Global Organised Crime Index-verslag is Suid-Afrika 7de wêreldwyd wat die algehele vlakke van […]