Alle Nuus

Sakeliga ondersoek verval by 154 probleem-munisipaliteite, oorweeg verdere litigasie

Prokureurs vir Sakeliga is opdrag gegee om ‘n versoek kragtens die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA) aan die Ouditeur-Generaal te lewer, ten einde spesifieke bestuursverslae te bekom wat glo na afhandeling van die staatsouditeur se jaarlikse oudit, aan die onderskeie munisipaliteite se bestuurspanne voorgelê word. Die bestuursverslae word by die Ouditeur-Generaal aangevra […]
Lees meer

Die kern van Sakeliga se argumente in sy betaalmeestersaak

Sakeliga het vroeër vanjaar ‘n sogenaamde “spesiale betaalmeester”-hofsaak in Noord-Wes aangekondig, met die oog op ‘n meer bevorderlike sake-omgewing vir lede en inwoners in die algemeen in Noord-Wes. Dit is miskien nodig om stil te staan by ‘n paar vrae oor hierdie hofsaak. Waarom nou hierdie saak bring? Hoekom dink Sakeliga dat ‘n betaalmeester gepaste […]
Lees meer

Skuld, grondpaaie, vullis en korrupsie: die storie van Ditsobotla-munisipaliteit in Noord-Wes

Provinsiale amptenare het tot onlangs nog tevergeefs gespartel om Clover te oortuig om nie sy produksieaanleg in Lichtenburg (binne die Ditsobotla munisipale area) toe te maak en elders te skuif nie. Vir Clover is groot verliese as gevolg van jarelange onderbrekings van water en elektrisiteit, sowel as ontelbare slaggate, egter nie meer ‘n lewensvatbare opsie […]
Lees meer

Brief aan lede oor verpligte inentings

Gewaardeerde Sakeliga-lede  President Cyril Ramaphosa het Sondagaand weer ’n landwye televisieverklaring oor Covid-19-verwikkelinge gedoen. Hieronder deel ek ’n brief oor die saak deur my en my kollega, Russell Lamberti.  Die beskouing wat ons skets, veral met betrekking tot staatsverpligte inenting, is iets waarmee sommige van ons waarskynlik sal saamstem, ander nie en ander iets tussen-in. Wat ook al die geval, ons hoop dat lede dit as oorwoë en akkommoderend sal ervaar, soos ons dit ook opreg […]
Lees meer

Uitnodiging na sakeontbyt met Hongaarse sakelui uit eiendomsektor

Sakeliga ontvang op 25 November ‘n delegasie van sakelui en beleidmakers uit Hongarye, met verteenwoordiging uit die Hongaarse eiendomsektor. Tydens die sakeontbyt sal deelnemers mekaar van nader kan leer ken en sal die Hongaarse afvaardiging aanbiedings doen oor: Hoe Hongarye uit ‘n sake- en ekonomiese perspektief lyk en die Hongaarse eiendomsbedryf en geleenthede daarin. Die […]
Lees meer

Konstitusionele Hof bevestig die argumente van Sakeliga, kondig ‘n nuwe era in die hantering van staatsmislukking aan

‘n Nuwe regspresendent oor eletrisiteitsvoorsiening op munisipale vlak is vandeesmaand geskep toe die Konstitusionele Hof Eskom se aansoek om verlof tot appèl teen die Resilient- en Sabie-uitsprake* geweier het. Die uitsprake, wat in 2020 deur die Hoogste Hof van Appèl (HHA), gelewer is en nou in 2021 bekragtig is, is grensverskuiwend in die stryd teen […]
Lees meer

Sakeliga bied ‘n geleentheid om meer te hore te kom oor hoe om ‘n IT-teenwoordigheid in Vlaandere te skep

Sakeliga het ‘n baie suksesvolle geleentheid met die Flanders Investment and Trade organisasie in Desember 2019 gehad;  en volg dit nou op met ‘n geleentheid wat slegs op die IT-sektor sal fokus. Op Donderdag, 28 Oktober, hou Sakeliga, in samewerking met Flanders Investment & Trade, Silicon Cape en Nelson Mandela Business Chamber, ‘n sakegeleentheid vir […]
Lees meer

Verpligte inenting is onwys

~ deur Piet le Roux en Russell Lamberti ‘n Nuwe idee het in Suid-Afrika en die wêreld posgevat. Die idee is nie oor entstowwe op sigself nie. Die idee is ook nie eens dat inentings in uitsonderlike omstandighede vir sommige mense verpligtend kan wees nie.   Die nuwe idee is algemene verpligting: dat inentings ‘n voorwaarde moet wees vir vryelike deelname aan die alledaagse lewe.  Die saak is meer kompleks as wat dit op die oog af […]
Lees meer

Pretoria Landdroshof weer funksioneel, Sakeliga gaan reuse bottelnek op hofrol aanspreek

Na weiering vroeër hierdie maand om bestrede sake aan te hoor, oënskynlik weens Covid-19 redes, hoor die landdroshof in Pretoria nou weer alle sake aan. Sakeliga het op 3 Augustus ‘n dringende brief aan die kantoor van die hoofregter, die Tshwane -hooflanddros, die landdroskommissie, die agbare regterpresident Mlambo en die minister van justisie en konstitusionele […]
Lees meer