Sakeliga kry bevestiging van grondwetlike versuim by Nasionale Rampbestuursentrum

Sakeliga het ’n brief van die Nasionale Rampbestuursentrum (NRBS) ontvang wat bewys dat die huidige Nasionale Ramptoestand op ongrondwetlike wyse gehandhaaf word. Die brief, deur dr Mmaphaka Tau, hoof van die NRBS, bevat uitgebreide erkennings dat die NRBS nie sy oorspronklike klassifikasie op 15 Maart 2020 van Covid-19 as ’n “nasionale ramp” onafhanklik heroorweeg het […]



Sakeliga-hofaansoek vir inperkingsrekords verder vertraag deur misbruik van hofreëls

Sakeliga se versoek vir rekords van besluitneming oor inperkingsregulasies oor die laaste twee jaar word nou verder vertraag deur ‘n misbruik van hofreëls deur die regspan van Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma. Die mees onlangse vertragingstaktiek deur die Minister is ‘n kennisgewing van beswaar kragtens die hofreëls wat nie net onreëlmatig is nie, maar ook hoegenaamd nie […]


Sakeliga dring aan op beëindiging van ramptoestand

Sakeliga se regspan het per brief aangedring op die verpligte beëindiging van die “nasionale ramptoestand”.  In die brief dring ons daarop aan dat die hoof van die Nasionale Rampbestuursentrum (NRBS), dr. Mmaphaka Tau, sy klassifikasie van COVID-19 as ’n “nasionale ramp” teen 28 Januarie 2022 heroorweeg en herroep. Die “nasionale ramptoestand” is bykans twee jaar gelede, in Maart 2020, afgekondig […]


Sakeliga staan nuwe poging vir monopolisering van dienslewering teen

Sakeliga het aan sy prokureurs instruksie gegee om aansoek te doen vir toevoeging as amicus curiae (vriend van die hof) in ‘n hofsaak waarin die applikant, SALGA, vra vir ‘n verklarende bevel dat munisipaliteite eksklusiewe reg geniet om elektrisiteit binne hul jurisdiksies te versprei. Sakeliga is gekant teen die proposisie dat munisipaliteite sodanige eksklusiewe regte geniet om sonder uitsondering middelman te wees in die voorsiening en verspreiding van elektrisiteit.  SALGA – ‘n vereniging wat Suid-Afrika se […]


Sakeliga ondersoek verval by 154 probleem-munisipaliteite, oorweeg verdere litigasie

Prokureurs vir Sakeliga is opdrag gegee om ‘n versoek kragtens die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA) aan die Ouditeur-Generaal te lewer, ten einde spesifieke bestuursverslae te bekom wat glo na afhandeling van die staatsouditeur se jaarlikse oudit, aan die onderskeie munisipaliteite se bestuurspanne voorgelê word. Die bestuursverslae word by die Ouditeur-Generaal aangevra […]



Sakeliga: Vertragings in betaalmeestersaak noodsaak nou geregtelike saakbestuur

Sakeliga het op 14 Desember 2021 sy regspan opdrag gegee om die kantoor van die Regterpresident van die Noord-Wes Afdeling van die Hooggeregshof, Mahikeng, te nader om ‘n spesiale allokasie van sy aansoek om ingryping in die Ditsobotla (Lichtenburg) en Naledi (Vryburg) plaaslike munisipaliteite. Dit is, om ‘n allokasie op die hofrol in die nabye toekoms te […]


Sakeliga steun eiendomsregte van wapeneienaars in Konstitusionele Hof-saak

Sakeliga het onlangs aansoek gedoen om as amicus curiae – vriend van die hof – toe te tree in ‘n saak in die Konstitusionele Hof met die doel om die eiendomsregte van wapeneienaars te beskerm. Talle wapeneienaars se reg op wettige besit van hul vuurwapens is tans onder beleg weens die polisie se weiering om nuwe aansoeke vir wapenlisensies te ontvang […]