Sakeliga gaan minagtingsverrigtinge teen COGTA Minister instel

Sakeliga en sy regsverteenwoordigers finaliseer tans ‘n substantiewe aansoek om minagting van die hof teen die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, haar departement en sy direkteur-generaal. Die aansoek spruit uit ‘n bevel wat deur die Gautengse afdeling van die hooggeregshof Pretoria op 9 November 2022 toegestaan is. Die bevel verplig die minister, die […]



Fiskale Agteruitgang Verskerp Beleidsrisiko’s

Die onlangse agteruitgang van die Suid-Afrikaanse regering se finansies dien as ’n herinnering van sy anti-groei beleide en roekelose bestedingsgewoontes wat jaarliks groot hoeveelhede rykdom vernietig.


Sakeliga verwelkom en ondersteun twee belowende inisiatiewe in Ditsobotla

Om stabiliteit en welvaart terug te bring na plaaslike ekonomieë en gemeenskappe is van kardinale belang om ‘n algehele destabilisasie te vermy. Gegewe sy gevorderde mate van ineenstorting, beskou Sakeliga Ditsobotla as ‘n belowende saak vir die ontwikkeling van antwoorde wat na ander munisipaliteite kan skaal.



Openbare belang-litigasie: ‘n Hoë-impakinstrument vir verantwoordelike besigheid 

In plaas daarvan om oor staatsmislukking en skadelike beleid te kla, is Sakeliga as ‘n uitkomsgerigte entiteit gevestig met ‘n ondubbelsinnige waardevoorstel – impakvolle litigasie om ‘n gesonde sakeomgewing te vestig wat bestuur word deur ‘n onafhanklike en veerkragtige – staatsbestande – besigheidsgemeenskap. Sakeliga is die vooraanstaande voertuig vir besigheidsmense en organisasies om skaalbare oplossings vir staatsmislukking te skep.




Sakeliga verwerp Sahpra se BEE-voorwaardes vir mediese produkte

Sakeliga verwerp die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad (Sahpra) se voorgestelde BEE-voorwaardes vir die vervaardiging, invoer, voorskryf en verhandeling van gesondheidsprodukte en mediese toerusting. Sahpra se plan om BEE ’n voorvereiste in die mediese bedryf te maak is vervat in ’n nuwe konsepbeleid getiteld “Broad-based Black Economic Empowerment Policy for Issuance of Licences”. Die beleid stel dit ten […]


Hof bevind Sakeliga se Ouditeur-Generaal aansoek prysenswaardig, maar wetswysigings noodsaak langer proses

Die Gautengse Hooggeregshof het vandag bevind dat Sakeliga se poging om lig te werp op die wanfunksionaliteit van munisipaliteite prysenswaardig is, maar weens onlangse wetswysigings ‘n  langer proses moet volg. Sakeliga gaan dus voort om die Ouditeur-Generaal van Suid-Afrika (die “OG”) se gedetailleerde bestuursverslae oor vervallende munisipaliteite te bekom.  Ons betreur dit dat die OG […]