Bekendstelling: Pretoria Sakekamer

16 Maart 2023
07:45 tot 10:30


Die Pretoria Sakekamer gaan Pretoria herbou en vestig tot ‘n wêreldklas sakesentrum. Ons gaan dit doen ondanks staatsverval en selfstandig van die politiek. Die kuur vir munisipale- en infrastruktuurverval is selfstandige sakelui. kaartjie verkope sluit 16:00 op 10 Maart.

Hierdie funksie word aangebied in Afrikaans




TLU SA Jongboerkomitee bied aan: Gholfdag

10 Februarie 2023

TLU SA Jongboerkomitee het dit goed gedink om ‘n gholfdag aan te bied by Silver Lakes Gholfbaan ten bate van TLU SA se Traumafonds wat aangewend word om juis die bogenoemde probleme te help verlig. Hierdie geleentheid beloof om een van die hoogtepunte op u kalender te wees.





KragDag Wes-Kaap 2023

17 en 18 Februarie 2023
Môreson Plaas Malmesbury

Selfstandig, volhoubaar, tegnologies, groen, innoverend, kreatief, entrepreneuries, hernubaar,

Die KragDag Ekspo wat jaarliks plaasvind, is die hoogtepunt op die KragDag-kalender en bied ’n uitstalkas vir energie- en ander selfstandigheidsoplossings.