Onteiening as strafmaatreël

Benewens die veelvuldige kommerwekkende bepalings in die nuwe Onteieningswetsontwerp wat op 9 Oktober 2020 gepubliseer is, is dit duidelik dat die regering ‘n heeltemal nuwe konseptualisering van onteiening aanvaar het. Onteiening word nie meer beskou as ‘n verskriklike ongerief waarvoor onberispelike eienaars vergoed moet word nie, maar eerder as ‘n kru beleidsinstrument wat die regering […]


Beveg korrupsie met minder politiek en meer besigheid in Suid-Afrika

Beide private en openbare sektor korrupsie, hetsy moreel of misdadig, is die gevolg van perverse aansporings. Hierdie aansporings is op hul beurt die gevolg van ‘n politieke filosofie wat dit as, in die beste geval, gepas, en in die ergste geval, noodsaaklik beskou dat beleidsoorwegings (en politieke oorwegings) ‘n sentrale rol in kommersiële en ekonomiese […]


“Slegs R1.2 miljoen” – die regering begryp nie sy eie SEB-beleid nie

Die nuwe Wysigingswetsontwerp op Billike Indiensneming is onlangs vir openbare kommentaar gepubliseer. Buiten die alreeds-goed-gedokumenteerde problematiese aard van die regering se rasgedrewe bemagtigingsbeleid, word dit by die dag duideliker dat die regering geen idee van die verwoestende nagevolge van dié beleid op die Suid-Afrikaanse ekonomie en samelewing het nie.  Teenstanders van rasgedrewe bemagtigingsbeleid mag vinnig verkondig dat die regering dit natuurlik nie begryp nie, want politici dring al vir jare daarop aan ondanks die oorweldigende bewyse daarteen!   Maar […]


Suid-Afrika se kleinsakeondernemings wandel steeds alleen

Volgens die webwerf van die Departement van Kleinsake-Ontwikkeling streef die departement daarna om ‘n “enabling legislative and policy environment” te verseker om Suid-Afrika se klein besighede se groei en volhoubaarheid te steun. Indien dit waar is – en die departement se geskiedenis getuig nie dat dit waar is nie – maak die departement ‘n fout met sy nuwe Nasionale Kleinsake Wysigingswet, 2020.  Die oorspronklike Nasionale Kleinsakewet, 1996, en die 2003 […]