gun-g463f6e0a6_1920

BESKERM EIENDOMSREGTE VAN WAPENEIENAARS

Waarom hierdie hofsaak?

Voor hierdie saak het die Polisie die Wet op Wapenbeheer op so ‘n wyse geïnterpreteer dat diegene wat wapens by die polisie vrywillig inhandig weens vorige versuim om die lisensies betyds te hernu, nie nuwe lisensieaansoeke ten opsigte van daardie wapens kon bring nie en derhalwe hul eiendom verbeur. Sakeliga argumenteer in sy amicus-aansoek dat hierdie interpretasie van die wet ekonomies onhoudbaar is, en dat dit nadelige implikasies vir eiendomsreg van wapeneienaars het, kon ’n bydrae in die uitkoms lewer. Die hof het in Fidelity se guns bevind, dat wapeneienaars ’n aansoek mag bring vir ’n nuwe lisensie ten opsigte van wapens met lisensies wat verval het. Die hof het ook ’n onderskeid tussen eiendom en besit getref. Bloot omdat ’n wapen nie in wettige besit is nie, verbeur ’n eienaar nie die eiendom (wapen/s) nie. 

Na aanleiding van die hofsaak het die Polisie op 1 Julie 2022 aan alle provinsiale kommissarisse ’n staande instruksie gestuur wat dit duidelik stel dat daar ’n onderskeid tussen eiendomsreg en besit van wapens is, en dat wapeneienaars ter enige tyd moet kan aansoek doen vir ’n lisensie vir ’n wapen, sonder om die wapen te verbeur. Luidens die instruksie moet die polisie ook eerder nie wapeneienaars laat vervolg waar ’n wapen se lisensie verval het en die eienaar besit daarvan behou vir tyd en wyl stappe geneem word om ‘n nuwe lisensie te bekom nie.

Saakbesonderhede

Minister of Police and Others v Fidelity Security Services (Pty) Ltd (CC)

Sakeliga se rol: Amicus curiae (vriend van die hof)

Status van saak: Afgehandel op 27 Mei 2022

Betrokkenheid van Sakeliga begin: 18 Oktober 2021

Hof waarin saak aangevoer is:
Konstitusionele Hof

GEBEURE IN HIERDIE SAAK

​1 Julie 2022

Die polisie stuur op 1 Julie 2022 aan alle provinsiale kommissarisse ’n staande instruksie wat dit duidelik stel dat wapeneienaars ter enige tyd moet kan aansoek doen vir ’n lisensie vir ’n wapen, sonder om die wapen te verbeur en al het die lisensie daarvan verval. Lees die staande instruksie hier.

​27 Mei 2022

​Die Konstitusionele Hof lewer uitspraak in Fidelity se guns. Sakeliga se amicus-submissies speel ‘n saakmakende rol in die uitslag. 

9 November 2021

​Sakeliga liasseer geskrewe submissies by die Konstitusionele Hof. 

​2 November 2021

​Die waarnemende hoofregter van die Konstitusionele Hof reik ‘n direktief uit wat Sakeliga beveel om teen 9 November 2021 geskrewe submissies te lewer oor waarom Sakeliga toegelaat behoort te word as amicus curiae en die meriete wat Sakeliga wil aanvoer.

20 Oktober 2021

​Sakeliga dien sy aansoek by die hoofregter van die Konstitusionele Hof in vir toelating as amicus curiae. 


HOFSTUKKE

[posts_table term="mlo-category:reg-2021-34" columns="title, button" button_text="Laai Af"]

Steun hierdie saak

Ander Aktiewe Litigasie

Archives