BBP-ineenstorting is mensgemaakte ramp; beëindig die grendelstaat nou – Sakeliga

economic crash 300x200

Die 16%-daling in BBP van die eerste tot die tweede kwartaal van 2020 is ‘n mensgemaakte ramp. Herstel begin met die beëindiging van die grendelstaat, soos wat ‘n verantwoordelike regering onmiddellik behoort te doen. Dit sluit in die oopstel van internasionale lugreise en deur nie die ramptoestand by sy volgende verstrykingsdatum van 15 September te verleng nie. 

Die volgende stap op die lang pad na herstel is om die staat en staatsinmengingwat die Suid-Afrikaanse ekonomie oor baie jare wesenlik verswak hetse omvang en ambisies drasties af te skaalHerstel verg minder politiek, meer besigheid. 

Die 16% daling in BBP tussen die eerste en tweede kwartaal is nie deur ‘n virus veroorsaak nie, maar deur die Suid-Afrikaanse regering se grendelstaatOm verkeerde aannames oor die gesondheidsimpak van Covid-19 te maak was een ding, maar wat onverskoonbaar is was die roekelose intensiteit, irrasionaliteit en skadelike verlenging van die grendelstaat wat die ergste produksie-ineenstorting nóg in Suid-Afrika veroorsaak het. 

Herstel begin met die beëindiging van die grendelstaatSakeliga herhaal sy ondersteuning van die Business for Ending Lockdownveldtog: 

  1. Beëindig die grendelstaat 
  2. Lig die ramptoestand 
  3. Verander alle regulasies na vrywillige aanbevelings 
Argiewe