Arbitrasie

Arbitrasieloodsprojek

Welkom by Sakeliga se arbitrasieloodsprojek

Sakeliga wil die bottelnek op die hofrol help oplos. Meer as 30 advokate het reeds bereidwilligheid aangedui om pro deo as arbiters op te tree via Sakeliga se nuwe arbitrasieplatform.

Voldoen jou of jou kliënt se geskil aan die volgende vereistes? Doen dan aansoek om gebruik te maak van Sakeliga se pro deo arbitrasieverwysingsplatform

0

Advokate betrokke

0

Arbiters se gemiddelde jare van ervaring

0

Senior Advokate betrokke

Stap 1 : Aansoek

Laai die voorverhoorvergadering notule hier af, bring nodige veranderinge aan, en stuur dit na arb@sakeliga.co.za

Stap 2: Nomineer arbiter

Sakeliga sal onderhewig aan beskikbaarheid drie arbiters vir die saak voorstel, waarvan een genomineer moet word.

Stap 3: Verhoordatum

Sodra 'n arbiter deur die partye genomineer is, reik Sakeliga 'n kennisgewing van arbitrasie uit. Die partye kom dan met die arbiter oor 'n verhoordatum ooreen, en voorsien alle dokumentasie wat die arbiter verlang.

Stap 4: Verhoor

Verhoor vind plaas oor een tot drie dae.