Sakeliga raai alle staatsorgane aan om weg te bly van voorkwalifikasiekriteria

Publiek en sakeondernemings aangemoedig om ook staatsorgane te nader Sakeliga raai alle staatsorgane aan om weg te bly van die voorkwalifikasiekriteria in die verkrygingsregulasies van 2017 wat as ongeldig deur die Konstitusionele Hof bevind is. Dit sal konstitusioneel wys, ekonomies sinvol en in die openbare belang wees, ongeag die tydperk van opskorting van die hofbevel. […]