Energie-onafhanklikheid word nie verleen nie, maar teruggeneem

Ons mees vername energieprioriteit is om genoeg energie te produseer. Ons moet bedag wees op pogings deur burokrate, staatskornuite en ideoloë om ons strewe na energie-onafhanklikheid in die wiele te ry. Energie-vryheid en -onafhanklikheid sal nie deur welwillende leiers verleen word nie – dit sal teruggeneem moet word deur veerkragtige, staatsbestande gemeenskappe, maatskappye en instellings.