Sakeliga: Vertragings in betaalmeestersaak noodsaak nou geregtelike saakbestuur

Sakeliga het op 14 Desember 2021 sy regspan opdrag gegee om die kantoor van die Regterpresident van die Noord-Wes Afdeling van die Hooggeregshof, Mahikeng, te nader om ‘n spesiale allokasie van sy aansoek om ingryping in die Ditsobotla (Lichtenburg) en Naledi (Vryburg) plaaslike munisipaliteite. Dit is, om ‘n allokasie op die hofrol in die nabye toekoms te […]