Sakeliga: Verwerping van Agtiende Wysigingswetsontwerp op die Grondwet noodsaaklike maar onvoldoende stap
Die verwerping van die Agtiende Wysigingswetsontwerp in die Parlement is ‘n noodsaaklike, maar onvoldoende stap in die rigting van herstel van grondwetlike normaliteit op eiendomsreg. Die onmiddellike volgende stap moet wees dat die Parlement enige verdere bespreking van konfiskasie van privaateiendom van sy agenda afhaal en ook weier om die Onteieningswetsontwerp aan te neem.