Maand: Desember 2021

Sakeliga-hofsaak: Dlamini-Zuma volhard in vertragingstaktiek om inperkingsrekords te weerhou

Sakeliga sukkel nou al etlike maande om die samewerking te kry van Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, in ‘n hofsaak wat Sakeliga al op 5 Augustus 2021 van stapel gestuur het om die Minister te verplig om bepaalde rekords van besluitneming oor inperkingsregulasies openbaar te maak. Nadat die Minister meer […]
Lees meer

Sakeliga: Vertragings in betaalmeestersaak noodsaak nou geregtelike saakbestuur

Sakeliga het op 14 Desember 2021 sy regspan opdrag gegee om die kantoor van die Regterpresident van die Noord-Wes Afdeling van die Hooggeregshof, Mahikeng, te nader om ‘n spesiale allokasie van sy aansoek om ingryping in die Ditsobotla (Lichtenburg) en Naledi (Vryburg) plaaslike munisipaliteite. Dit is, om ‘n allokasie op die hofrol in die nabye toekoms te […]
Lees meer

Die kern van Sakeliga se argumente in sy betaalmeestersaak

Sakeliga het vroeër vanjaar ‘n sogenaamde “spesiale betaalmeester”-hofsaak in Noord-Wes aangekondig, met die oog op ‘n meer bevorderlike sake-omgewing vir lede en inwoners in die algemeen in Noord-Wes. Dit is miskien nodig om stil te staan by ‘n paar vrae oor hierdie hofsaak. Waarom nou hierdie saak bring? Hoekom dink Sakeliga dat ‘n betaalmeester gepaste […]
Lees meer

Sakeliga: Verwerping van Agtiende Wysigingswetsontwerp op die Grondwet noodsaaklike maar onvoldoende stap

Die verwerping van die Agtiende Wysigingswetsontwerp in die Parlement is 'n noodsaaklike, maar onvoldoende stap in die rigting van herstel van grondwetlike normaliteit op eiendomsreg. Die onmiddellike volgende stap moet wees dat die Parlement enige verdere bespreking van konfiskasie van privaateiendom van sy agenda afhaal en ook weier om die Onteieningswetsontwerp aan te neem.
Lees meer

Sakeorganisasies staan landswye inentingsmandate teen

Prokureurs vir Sakeliga en vier ander sakeoganisasies het ’n brief insake die kwessie van verpligte inenting aan die Presidensie gestuur.  Die brief lui: “Ons kliënte is gekant teen staatsgedrewe verpligte inentingsbeleid en moniteringsmeganismes soos inentingspaspoorte, benadeling en uitsluiting van ongevaksineerde persone, en regulatoriese verpligting op besighede om verpligte maatreëls moontlik te maak en af te dwing.  “Ons bring onder u aandag dat ons kliënte nie gekonsulteer […]
Lees meer