Brief aan lede oor verpligte inentings

Gewaardeerde Sakeliga-lede  President Cyril Ramaphosa het Sondagaand weer ’n landwye televisieverklaring oor Covid-19-verwikkelinge gedoen. Hieronder deel ek ’n brief oor die saak deur my en my kollega, Russell Lamberti.  Die beskouing wat ons skets, veral met betrekking tot staatsverpligte inenting, is iets waarmee sommige van ons waarskynlik sal saamstem, ander nie en ander iets tussen-in. Wat ook al die geval, ons hoop dat lede dit as oorwoë en akkommoderend sal ervaar, soos ons dit ook opreg […]


Sakeliga: President Ramaphosa se Covid-19-verklaring Sondagaand betekenisvol in beide behulpsame en skadelike opsigte

Sakeliga beskou president Cyril Ramaphosa se Covid-19-verklaring Sondagaand as beduidend in sowel gunstige as skadelike opsigte.   Ons is diep bekommerd oor sy stelling dat inenting verpligtend kan word, en ook sy vaagheid oor waarmee hy van plan is om die ramptoestand te vervang. Ons verwelkom sy kritiek op wetenskaplik ongegronde politieke besluite oor reisbeperkings en sy weerstand teen verhoogde inperkingsvlakke in Suid-Afrika.   Dit is bemoedigend dat die president duidelike en welkome […]