Verpligte inenting is onwys

Verpligte inentings as voorvereiste vir deelname aan die alledaagse lewe tref ons as onwys en sal waarskynlik meer probleme as oplossings bring. Verpligte inentings is disproporsioneel tot die pandemie, tot maatskaplike en politieke risiko’s, en tot die alternatiewe vir so ‘n drakoniese beleid. Ons beskou dit nie as die weg na ‘n florerende gemeenskap nie.