Geen behoorlike verweer teen Sakeliga se munisipale litigasie in Noord-Wes

Nadat Sakeliga respondente drie keer uitstel verleen het vir laat liassering van stukke in sy betaalmeester-saak in Noord-Wes, het die regering vandeesweek uiteindelik opponerende stukke gelewer. Die respondente, onder meer die Minister van Finansies, Minister van Samewerkende Regering en die Premier van Noord-Wes, het nou opponerende eedsverklarings geliasseer, maar versuim om ‘n behoorlike verweer te opper.  Sakeliga vra die hof dat Ditsobotla en Naledi munisipaliteite onder verpligte provinsiale administrasie geplaas word soos deur die grondwet en wetgewing vereis*, en dat ‘n spesiale onafhanklike betaalmeester intussen aangestel word om invorderings vir Eskom en ander kritieke diensverskaffers direk aan […]