Maand: September 2021

Sakeliga-argumente in Resilient-saak bring finaal ‘n einde aan krag- en wateronderbrekings weens wanbetaling-geskille

Staatsinstellings wat dienste lewer, insluitend Eskom, sal voortaan nie meer betalende eindgebruikers kan benadeel weens wanbetaling deur munisipaliteite nie. Geen geskil tussen enige staatsinstellings mag trouens meer aanleiding gee tot benadeling van betalende eindgebruikers nie. Hierdie beginsel, wat verlede jaar in ‘n uitspraak van die Hoogste Hof van Appèl neergelê is in die Resilient-saak teen Eskom waarby Sakeliga betrokke was, is nou finaal deur die Konstitusionele Hof bekragtig Die Konstitusionele Hof het Eskom se aansoek om verlof tot appèl in die Resilient-saak sowel ‘n soortgelyke saak in Sabie geweier.  Sakeliga het […]
Lees meer

Sakeliga bring hofaansoek vir Dlamini-Zuma se Covid-bevelsraadrekords

Die sakegroep Sakeliga het ‘n hofaansoek gebring om die regering te dwing om sy gronde vir die staat van inperking, rampbestuursregulasies en grendelstaatvlakke openbaar te maak.   Die hofaansoek vorm deel van ‘n proses, ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, om dr. Nkosazana Dlamini-Zuma se rekords van besluitneming oor die grendelstaat en alle rampbestuursregulasies te bekom. Ingevolge die Wet op Rampbestuur is Dlamini-Zuma as Minister van […]
Lees meer

Verpligte inenting is onwys

~ deur Piet le Roux en Russell Lamberti ‘n Nuwe idee het in Suid-Afrika en die wêreld posgevat. Die idee is nie oor entstowwe op sigself nie. Die idee is ook nie eens dat inentings in uitsonderlike omstandighede vir sommige mense verpligtend kan wees nie.   Die nuwe idee is algemene verpligting: dat inentings ‘n voorwaarde moet wees vir vryelike deelname aan die alledaagse lewe.  Die saak is meer kompleks as wat dit op die oog af […]
Lees meer

Geen behoorlike verweer teen Sakeliga se munisipale litigasie in Noord-Wes

Nadat Sakeliga respondente drie keer uitstel verleen het vir laat liassering van stukke in sy betaalmeester-saak in Noord-Wes, het die regering vandeesweek uiteindelik opponerende stukke gelewer. Die respondente, onder meer die Minister van Finansies, Minister van Samewerkende Regering en die Premier van Noord-Wes, het nou opponerende eedsverklarings geliasseer, maar versuim om ‘n behoorlike verweer te opper.  Sakeliga vra die hof dat Ditsobotla en Naledi munisipaliteite onder verpligte provinsiale administrasie geplaas word soos deur die grondwet en wetgewing vereis*, en dat ‘n spesiale onafhanklike betaalmeester intussen aangestel word om invorderings vir Eskom en ander kritieke diensverskaffers direk aan […]
Lees meer