Sakeliga versoek terugtrek van foutiewe regeringsdirektief oor verpligte inentings in werksplek

Die sakeorganisasie Sakeliga het vandag in ‘n prokureursbrief ‘n dringende beroep op die Minister van Arbeid vir duidelikheid en regstelling gedoen nadat  ‘n mediaverklaring van die Departement van Arbeid ‘n wanindruk oor verpligte inentingsprogramme in werksplekke geskep het. Gelykluidende direktiewe wat deur die Minister van Arbeid uitgereik is, skep die indruk dat werkgewers verpligte inentingsprogramme […]