Pretoria Landdroshof weer funksioneel, Sakeliga gaan reuse bottelnek op hofrol aanspreek

Na weiering vroeër hierdie maand om bestrede sake aan te hoor, oënskynlik weens Covid-19 redes, hoor die landdroshof in Pretoria nou weer alle sake aan. Sakeliga het op 3 Augustus ‘n dringende brief aan die kantoor van die hoofregter, die Tshwane -hooflanddros, die landdroskommissie, die agbare regterpresident Mlambo en die minister van justisie en konstitusionele […]


Geen opponering vir Sakeliga se munisipale betaalmeesterhofsaak

Sakeliga maan ministers en Noordwes-premier om opponerende stukke voor 25 Augustus te liasseer Geen van die respondente in Sakeliga se munisipale betaalmeesterhofsaak, insluitend die Minister van Finansies, die Minister van Samewerkende Regering en die premier van Noordwes, het betyds opponerende stukke by die Hooggeregshof in Mahikeng geliasseer nie. Dit volg op meer as een uitstelooreenkoms […]


Regulasie: Sertifikate van Behoefte vir Gesondheidsinstellings

Sakeliga se kort voorlegging op die voorgestelde regulasie wat sertifikate van behoefte vereis vir gesondheidsinstellings kan hier (in Engels) verkry word. Sakeliga se belangstelling in die voorgestelde regulasie kom neer op die indringing wat op markvryheid, veral die regte op vryheid van assosiasie en vryheid van loopbaankeuse gemaak word. Sakeliga staan die voorstel teen.  


2021-Weergawe van die Wetsontwerp op die Agtiende Grondwetwysiging

Sakeliga se omvattende voorlegging op die 2021-weergawe van die Wetsontwerp op die Agtiende Grondwetwysiging kan hier (in Engels) gevind word. Die Wetsontwerp beoog om die verskynsels van konfiskering (sogenaamde “onteiening sonder vergoeding”) en nasionalisering (sogenaamde “staatsvoogdyskap”) in die Suid-Afrikaanse grondwetlike en eiendomsreg in te bring. Na ons mening verteenwoordig die Wetsontwerp beduidende, miskien eksistensiële, bedreigings […]


Sakeliga versoek terugtrek van foutiewe regeringsdirektief oor verpligte inentings in werksplek

Die sakeorganisasie Sakeliga het vandag in ‘n prokureursbrief ‘n dringende beroep op die Minister van Arbeid vir duidelikheid en regstelling gedoen nadat  ‘n mediaverklaring van die Departement van Arbeid ‘n wanindruk oor verpligte inentingsprogramme in werksplekke geskep het. Gelykluidende direktiewe wat deur die Minister van Arbeid uitgereik is, skep die indruk dat werkgewers verpligte inentingsprogramme […]


Sakeliga stuur skrywe aan Pretoria Landdroshof oor versuim om besigheidsake te hanteer

Die sakeorganisasie Sakeliga en lede van die Pretoriase Balie het Vrydag ‘n dringende brief aan die kantoor van die hoofregter, die Tshwane -hooflanddros, die landdroskommissie, die agbare regterpresident Mlmabo en die minister van justisie en konstitusionele ontwikkeling gestuur waarin hulle die hof aanmaan om verskeie sake, onder meer geopponeerde kommersiële sake en sake wat voor […]