Maand: Julie 2021

Grondhofwetsontwerp, 2021

Sakeliga se kort voorlegging op die Grondhofwetsontwerp kan hier (in Engels) verkry word. Sakeliga se belangstelling in die Wetsontwerp is veral gemik op die veranderinge wat beoog word met betrekking tot die reëls met betrekking tot hoorsê-getuienis in grondeise. Sakeliga is bekommerd dat die toelating van hoorsê-getuienis privaat eiendomsreg, ‘n noodsaaklike voorwaarde vir ‘n welvarende […]
Lees meer

Opening van N3 verwelkom – konvooi met noodvoorraad reis nou individueel, sekuriteitsbegeleiding gekanselleer

Gegewe die heropening van die N3 sal deelnemers aan die 20-voertuig konvooi met noodvoorraad, wat Donderdag deur sakeorganisasies aangekondig is, nou individueel reis en is gewapende sekuriteitsbegeleiding nie meer nodig nie. Alle noodvoorraad en goedere wat in die konvooi gedra sou word sal nou by wyse van transportvoertuie, wat so gou as moontlik en op […]
Lees meer

Verantwoordelike gemeenskapsoptrede teen misdaad moet ondersteun, nie onderdruk word nie – Sakeliga

Die redding gedurende die rampspoedige plundery wat die afgelope week in KwaZulu-Natal en Gauteng afgespeel het, was die stappe wat gemeenskapslede geneem het om hul ondernemings en eiendom te beskerm. As sakeorganisasie neem Sakeliga daarom met besorgdheid kennis van die oproep deur Besigheid Suid-Afrika (BUSA) vir ‘n 24-uur klokreël in geraakte plundergebiede in KwaZulu-Natal en […]
Lees meer

Besighede en weldaadsorganisasies genooi om deel te neem aan beveiligde konvooi van Gauteng na KwaZulu-Natal

Sakeorganisasies bekom tans sekuriteitsbegeleiding vir noodleniging en voorraadverskaffing na geteisterde gebiede in KwaZulu-Natal, gegewe vertragings en onsekerhede met heropening van die N3. Die konvooi is ‘n gesamentlike inisiatief van die sakeorganisasies Sakeliga, Saai en Neasa. Sekuriteitsbegeleiding sal verskaf word deur Dyck Advisory Group, insluitende met gewapende personeel en lugsteun. Die projek dien ter gebeurlikheidsbeplanning, gegewe […]
Lees meer

Plundering en versnellende staatsverval regverdig kragtige reaksie van privaatsektor en gemeenskap

Die huidige wydverspreide plundering en versuim deur die staat om in te gryp regverdig ‘n kragtige reaksie deur ondernemings en georganiseerde gemeenskapstrukture om wet en orde te herstel. Die onluste, ontketen deur die tronkstraf van oud-president Jacob Zuma, put momentum uit jare se ekonomiese en sosiale druk versnel deur grendelstaatinperkings. Sakeliga: verwelkom alle wettige en […]
Lees meer