Wysigingswetsontwerp op die Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie, 2021

Sakeliga se voorlegging op die Wysigingswetsontwerp op die Bevordering van Gelykheid en die Voorkoming van Onbillike Diskriminasie kan hier (in Engels) verkry word. Sakeliga se belangstelling in die Wysigingswetsontwerp spruit uit die implikasie van die wetsontwerp vir byna alle alledaagse, insluitend kommersiële, interaksies en omgang. Dit het beduidende implikasies vir die markstelsel en konstitusionalisme.