Groot fout met proses vir onteieningswet – Sakeliga

Die portefeuljekomitee gemoeid met die onteieningswetsontwerp slaan klaarblyklik nie ag op geskrewe voorleggings nie en sluit nie alle deelnemers wat kwalifiseer by openbare verhore in nie. Dit is die afleiding van die sakeorganisasie, Sakeliga, na interaksie met die komitee vandeesweek.  Dié toedrag van sake beteken die komitee versuim sy grondwetlike plig om ‘n behoorlike proses te volg, insluitend behoorlike en billike deelname deur die publiek. Die komitee moet die proses regstel, alle skriftelike voorleggings oorweeg en alle kwalifiserende partye tydens mondelinge verhore […]