Onteiening as strafmaatreël

Benewens die veelvuldige kommerwekkende bepalings in die nuwe Onteieningswetsontwerp wat op 9 Oktober 2020 gepubliseer is, is dit duidelik dat die regering ‘n heeltemal nuwe konseptualisering van onteiening aanvaar het. Onteiening word nie meer beskou as ‘n verskriklike ongerief waarvoor onberispelike eienaars vergoed moet word nie, maar eerder as ‘n kru beleidsinstrument wat die regering […]