Nuwe BEE-kode skaad regsprofessie se onafhanklikheid en werking

Die konsep BEE-kode vir die regsbedryf stel ‘n bedreiging vir die onafhanklikheid en werking van die regsprofessie daar. Die kode skaad nie net die privaat belange van praktisyns, firmas en kliënte nie, maar ook die openbare belang, gegewe die regsprofessie se funderende rol in ‘n konstitusionele orde.  Hierdie submissies vorm deel van die sakeorganisasie Sakeliga se kommentaar vandeesweek op die konsep Regsektorkode. […]