Begroting voorspel tekorte tot 3.5 keer meer as dié van die Zuma-era; Sakeliga-verslag gee 30/100 vir beleidshervorming – Sakeliga-ETM ekonomiese opdatering (kwartaal 1, 2021)

“Op die keper beskou is dit kommerwekkend van die begroting vir 2021 van mnr Tito Mboweni dat die geprojekteerde tekorte wissel tussen 2 en 3,5 keer teenoor dié van die laaste paar dae van die Zuma-era. Van die punt van fiskale en ekonomiese volhoubaarheid, is die jongste begroting van mnr Mboweni dus minstens twee keer so kommerwekkend as dié van die voormalige minister van finansies, Malusi Gigaba. […]