SONA: Geen strukturele hervorming, staat verskerp skadelike beleid

Die staatsrede vanaand het nie die nodige strukturele hervormings aangekondig nie, ten spyte van die dringende nood daaraan. Hoe moeilik dit ook al was, ware hervorming deur president Cyril Ramaphosa sou moes begin met ‘n erkenning dat regeringsbeleid die hoofoorsaak van Suid-Afrika se ekonomiese krisis is. Dit sou ‘n alternatiewe visie van minder politiek en meer besigheid moes skets. In plaas daarvan het die president die regering sopas tot meer van dieselfde verbind.  […]