Ekonomiese en maatskaplike herstel kort veel meer, hervormende staatsrede benodig – Sakeliga

Sakelui is verlig oor die grendelregulasieverslapping, al is dit te min, maar bly besorg oor die risiko van blywende of heringestelde regulasies. Die moontlikheid van toekomstige grendelmaatreëls sal, totdat groter sekerheid bestaan, talle sakelui van investering en bedryfshervatting weerhou.   Intussen rig die regering se verbintenis tot nadelige en verdelende politiek groot skade aan. Restaurante op die rand van ineenstorting word gedwing om meer lone te betaal. Verligting vir ondernemings word op rasbasis gebied. En oor die algemeen bly die regering verbind tot groter sentralisering, onteiening, lisensiëring, BEE, en ander skadelike beleid.  President […]