Suid-Afrika se kleinsakeondernemings wandel steeds alleen

Volgens die webwerf van die Departement van Kleinsake-Ontwikkeling streef die departement daarna om ‘n “enabling legislative and policy environment” te verseker om Suid-Afrika se klein besighede se groei en volhoubaarheid te steun. Indien dit waar is – en die departement se geskiedenis getuig nie dat dit waar is nie – maak die departement ‘n fout met sy nuwe Nasionale Kleinsake Wysigingswet, 2020.  Die oorspronklike Nasionale Kleinsakewet, 1996, en die 2003 […]