Sakeliga waarsku teen staatsmediasie ná twee pogings

Partye wat hierdie mediasie onderneem loop die risiko van ’n partydige fasiliteerder en die staat se vertraging van die saak, te midde van ononderbroke en wesenlike skade as gevolg van arbitrêre en onregmatige grendelregulasies.


Hofstukke vir saak teen besigheidslisensiëring

Hierdie plasing voorsien skakels na inligting en alle hofstukke soos geliasseer in Sakeliga se hofsaak teen besigheidslisensiëring. NUUT: Die gekonsolideerde bundel, gepagineer en vir gebruik in die hof, is nou beskikbaar. Dit bevat alles wat hieronder gelys is. Klik hier. Ou skakels: Opsomming van die hofsaak, klik hier. Volledige bundel deur Sakeliga se regspan, klik […]


Hofuitspraak: Oorwinning vir sakevryheid in Suid-Afrika

“Hierdie saak is ‘n oorwinning vir sakevryheid in Suid-Afrika. Onder die dekmantel van ‘n mediese krisis het die staat gepoog om ‘n algemene sisteem van besigheidslisensiëring in Suid-Afrika in te stel,” sê Piet Le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga.


BBP-groei – “tegnies” uit die “resessie”, maar nog lank nie uit die sop

Statistieke Suid-Afrika het vandeesweek die BBP-syfers vir die derde kwartaal van 2018 vrygestel. Daarvolgens het die Bruto Binnelandse Produk (BBP) teenoor die tweede kwartaal met 2,2% toegeneem (volgens die aangesuiwerde syfers). Baie gewag word gemaak oor die feit dat SA nou die twee kwartale van negatiewe groei, oftewel die “tegniese resessie”, ontsnap het. Hoewel dié […]


Sakeliga nooi ondernemings om belemmering oor reis, lisensies en permitte aan te meld 

Wat Sakeliga-hofuitspraak in praktyk vir besighede beteken Sakeliga se hofgeding teen besigheidslisensiëring was ’n oorwinning vir sakevryheid in Suid-Afrika. Danksy Maandag se uitspraak en hervorming op die laaste nipper deur ’n regering onder litigasiedruk is ondernemings nou weer vry om sake sonder voorafgoedkeuring deur die regering te doen. As gevolg van Sakeliga se hofoorwinning Maandag, en met die begin van inperkingsvlak 3, mag geen permitte, lisensies of sertifikate ingevolge die regulasies kragtens die Wet op Rampbestuur meer […]


SA-ekonomie stort ineen tot onder 2008/09-krisisvlakke

Noodsaaklike hervormings ontbreek steeds Die Suid-Afrikaanse regering se wetgewende reaksie tot Covid-19 was ’n ernstige skok vir die ekonomie. Dit volg op ‘n ekonomiese beleidsomgewing wat stelselmatige deur die loop van 2020 versleg het. Beide die Zuma-administrasie en die Ramaphosa-administrasie (tot op datum) het nie daarin geslaag nie om markhervormings te implementeer wat nodig is om die gety van ekonomiese agteruitgang om te keer. Suid-Afrika is tans veel […]


Tyd om die staat te herstruktureer, nie die ekonomie nie 

Wanneer begrotingstekorte meer as verdubbel na 16%, sonder ‘n afname in staatsbesteding, is dit tyd om die staat te herstruktureer en nie die ekonomie nie. So sê Piet le Roux, uitvoerende hoof van die onafhanklike sakegroep, Sakeliga, in reaksie op die noodbegroting vandag voorgelê in die Parlement deur Minister Tito Mboweni. “In teenstelling met President Cyril Ramaphosa se bewerings laas week dat Covid19 ‘n geleentheid […]


Slegs twee uit tien sakeondernemings funksioneer teen volle kapasiteit tydens begin van Vlak 3-inperkings – Sakeliga Ondernemingsimpakpeiling

Slegs ongeveer twee uit tien sakeondernemings wat deelgeneem het aan die sakegroep Sakeliga se ondernemingsimpakpeiling vir Junie het aangedui dat hulle hul aktiwiteite teen volle kapasiteit kon hervat in Junie. Die peiling is geneem onder Sakeliga-lede en breër netwerk. Daarby het respondente aangedui dat skade aan verbruikers se beursies weens Covid-19 en die regulatoriese reaksie […]


Sakeliga vra COGTA en SAPS om grendelstaatarrestasies te staak en staande bevele te openbaar 

Die sakegroep, Sakeliga, het ministers Nkosazana Dlamini-Zuma en Bheki Cele versoek om grendelstaatverwante arrestasies te staak en hul hersiene staande bevele aan die polisie te openbaar. Sakeliga se versoek volg op regter Norman Davis se weiering verlede week om die staat verlof toe te staan om die verklaring van ongrondwetlikheid van Regulasie 48(2) van die grendelstaatregulasies – in die Liberty Fighters Network-saak – te appelleer. Regulasie 48(2) maak voorsiening (of het voorsiening gemaak) vir die kriminalisering van die oortreding van […]


Sakelui moet individuele regsadvies bekom alvorens hulle regulasies konfronteer 

Sakeliga beveel sterk aan dat sakelui en ander lede van die publiek behoorlike regsadvies vir hul unieke situasies bekom alvorens hulle gapings of onwettighede in die grendelstaatregulasies probeer konfronteer.  “Niemand behoort ‘n regmatige regulasie te verbreek nie. Die realiteit is dat die onduidelikhede in die regulasies, hofuitsprake, teenstrydige ministeriële uitsprake en ekonomiese nood mense dwing tot optrede waarin hul […]