Sakeliga verwelkom Grondwethofuitspraak teen EFF en Malema oor betreding en aanhitsing

“Mnr Malema en die EFF wou, deur agter die vaandel van vryheid van spraak weg te kruip, aanspreeklikheid vir kriminele oortredings ontsnap. Hierdie uitspraak steek daar ‘n stokkie voor, ondersteun die kantoor van die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging (NDOV) in sy vermoë om te vervolg, versterk die regsorde, verbeter die sakeomgewing, en is in die openbare belang. Dit is bevredigend om ’n rol daarin te kon speel.