Sakeliga wen hofsaak: SEB en ander voorvereistes in openbare verkryging ongeldig; Gordhan tree ultra vires op

Dit is ongeldig en ongrondwetlik vir staatsorgane om vooraf-diskwalifikasiekriteria, soos swart ekonomiese bemagtigingsvereistes, by tenders in openbare verkryging toe te pas.  Die Hoogste Hof van Appèl het vandag met kostes in die guns van die sakegroep Sakeliga bevind. Die hof het bevind dat die Voorkeurverkrygingsregulasies van 2017 teenstrydig is met die Wet op die Raamwerk vir Voorkeurverkrygingsbeleid, 5 van 2000 en die Grondwet en dit gevolglik ongeldig verklaar. Die hof het ook bevind dat die minister van finansies […]