Nuwe grendelstate sal herstel belemmer

Verskeie ekonomiese aanwysers illustreer ‘n moeilike terugkeer na normale saketoestande. Nuwe en voortslepende grendelstaatmaatreëls – plaaslik en in die buiteland – sal waarskynlik inkomste en verbruikersvertroue afweer, wat Suid-Afrika se moeilike herstel verder sal belemmer.   Verskeie lande, veral in Europa, het nou weer nuwe grendelstaatmaatreëls ingestel. Hierdie maatreëls het ‘n invloed op reis en produksie en sal Suid-Afrika se moeilike herstel na die streng grendelstaat van die tweede kwartaal van 2020 bemoeilik.   […]


Sakeliga verwelkom Grondwethofuitspraak teen EFF en Malema oor betreding en aanhitsing

“Mnr Malema en die EFF wou, deur agter die vaandel van vryheid van spraak weg te kruip, aanspreeklikheid vir kriminele oortredings ontsnap. Hierdie uitspraak steek daar ‘n stokkie voor, ondersteun die kantoor van die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging (NDOV) in sy vermoë om te vervolg, versterk die regsorde, verbeter die sakeomgewing, en is in die openbare belang. Dit is bevredigend om ’n rol daarin te kon speel.


Sakelui op Parys stig digitaal-versnelde sakekamer, in affiliasie met Sakeliga

Sakelui in Parys en Sakeliga het gister ‘n nuwe, digitaal-versnelde sakekamer, die Parys Sakeliga, gestig. Die Parys Sakeliga is ‘n onafhanklike organisasie wat homself vir ‘n gunstige sakeomgewing in Parys beywer, in affilliasie en met die ondersteuning van Sakeliga.  Die Parys Sakeliga is die eerste instelling van sy soort. Terwyl verskeie bestaande sakekamers reeds by […]


K4/2020: Ekonomiese Oorsig vir Besluitneming in die Sakewêreld

Bestuursopsomming Die laaste paar maande het gewys hoe onwillig regerings wêreldwyd is om grendeltydbeperkings te beëindig en hul grendeltydmag prys te gee. Die wêreld sukkel om na normaal terug te keer, en dit sal ’n negatiewe uitwerking op Suid-Afrika se brose herstel hê. Terwyl SA produksie herstel, bly huishoudelike inkomste in die derde kwartaal onder […]


Sakeliga gereed vir PPPFA-appèl

Die sakegroep Sakeliga is gereed om enige appèl teen sy hofoorwinning oor BEE-gebaseerde vooraf-diskwalifikasie in verkrygingsregulasies (PPPFA) te verdedig. Dit volg na die ANC se verklaring die afgelope naweek, waarin hy sy misnoeë uitspreek en by monde van sy algemene sekretaris, Ace Magashule op ‘n appèl aandring.   “Openbare dienslewering behoort te gaan oor uitkomste vir die […]


Sakeliga wen hofsaak: SEB en ander voorvereistes in openbare verkryging ongeldig; Gordhan tree ultra vires op

Dit is ongeldig en ongrondwetlik vir staatsorgane om vooraf-diskwalifikasiekriteria, soos swart ekonomiese bemagtigingsvereistes, by tenders in openbare verkryging toe te pas.  Die Hoogste Hof van Appèl het vandag met kostes in die guns van die sakegroep Sakeliga bevind. Die hof het bevind dat die Voorkeurverkrygingsregulasies van 2017 teenstrydig is met die Wet op die Raamwerk vir Voorkeurverkrygingsbeleid, 5 van 2000 en die Grondwet en dit gevolglik ongeldig verklaar. Die hof het ook bevind dat die minister van finansies […]