BBP-ineenstorting is mensgemaakte ramp; beëindig die grendelstaat nou – Sakeliga

Die 16%-daling in BBP van die eerste tot die tweede kwartaal van 2020 is ‘n mensgemaakte ramp. Herstel begin met die beëindiging van die grendelstaat, soos wat ‘n verantwoordelike regering onmiddellik behoort te doen. Dit sluit in die oopstel van internasionale lugreise en deur nie die ramptoestand by sy volgende verstrykingsdatum van 15 September te verleng nie.  Die volgende stap op die lang pad na herstel is om die staat en staatsinmenging, wat die Suid-Afrikaanse ekonomie oor baie jare wesenlik verswak het, se omvang en ambisies drasties af te […]