Maand: Augustus 2020

Resilient Properties

Aanloop: In Augustus 2018 was Sakeliga as amicus curiae toegelaat by ‘n saak waarby die Resilient Property Group in Witbank, die plaaslike munisipaliteit tesame met Eskom en Nersa hof toe geneem het vir kragonderbrekings weens die munisipaliteit se wanbetaling aan Eskom.  Daar was ‘n soortgelyke saak gebring deur die Sabie Chamber of Commerce en die sake was toe saamgevoeg aangesien die feite amper identies is en voor dieselfde regter dien.  […]
Lees meer

Kaapse Balieraad | Legal Practice Council-saak

Aanloop: Met die inwerkingtreding van die nuwe Legal Practice Act, 28 van 2014 het die hele landskap van die regsprofessie verander deurdat die destydse prokureursorde van kant gemaak is vir ‘n nuwe “Legal Practice Council”.  Tesame met die wet se promulgasie het daar ‘n verkiesing plaasgevind vir kandidate om deel te vorm van hierdie nuwe liggaam, maar regulasies wat ingevolge […]
Lees meer

Sakeliga skenk geld vir noodleniging en regsaksie teen die staat se kaping van welwillendheid

Die sakegroep Sakeliga en sy lede het vandag ‘n verdere R200 000-skenking aan die welwillendheidsorganisasie Solidariteit Helpende Hand aangekondig. Die geld word geoormerk vir noodleniging en, indien nodig, regsaksie ter voorkoming van die staat se kaping – oftewel nasionalisering – van welwillendheid. Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, sê die geld is vir privaat welwillendheid en mag nie aan die staat oorgedra word nie: “Danksy ledebydraes kan Sakeliga nog […]
Lees meer

Sakeliga loods grondverskuiwende saak oor inperking

Die sakegroep Sakeliga het regsaksie van stapel gestuur wat beloof om die inperking, regoor sy verskillende vlakke, ingrypend te verander. Die saak het te make met die onregmatigheid van permitte en ander regeringslisensiëring van besighede. Sakeliga versoek die Hoë Hof om ‘n wye reeks van lisensiëringsvoorwaardes wat deur die loop van die Ramptoestand in die […]
Lees meer

Inperking: 50% kan binne drie maande bankrot speel – Sakeliga-peiling

Meer as 50% van die 706 deelnemers wat in die eerste gedeelte van Mei aan die sakegroep Sakeliga se jongste Covid-19-ondernemingsimpakpeiling deelgeneem het, se ondernemings gaan binne drie maande bankrot wees as die huidige vorm van die inperking voortgaan. Verder verwag meer as agt uit elke 10 van die respondente reusagtige dalings in hulle onderneming […]
Lees meer

Hofstukke vir saak teen besigheidslisensiëring

Hierdie plasing voorsien skakels na inligting en alle hofstukke soos geliasseer in Sakeliga se hofsaak teen besigheidslisensiëring. NUUT: Die gekonsolideerde bundel, gepagineer en vir gebruik in die hof, is nou beskikbaar. Dit bevat alles wat hieronder gelys is. Klik hier. Ou skakels: Opsomming van die hofsaak, klik hier. Volledige bundel deur Sakeliga se regspan, klik […]
Lees meer

No products in the cart.