Sakeliga verwelkom gedeeltelike afwysing van BEE-regulasies 

Die sakeorganisasie Sakeliga verwelkom die gedeeltelike afwysing in sommige regeringskringe van BEE-vereistes voordat hulp aan klein en middelslag ondernemings (KMMO) toegestaan word. Die organisasie bly egter besorg dat nie alle staatsdepartemente aan boord is nie. Sakeliga maak daarom vanaand op www.sakeliga.co.za ‘n platform vir sakelui beskikbaar, waar hulle Sakeliga op hoogte kan hou van hul hulpaansoeke en uitkomste. “Ons verwelkom die departement van kleinsakeontwikkeling se openbare afwysing van die gelekte konsep BEE-kriteria vir KMMO-verligting. […]


Sakeliga sal nie rassisme teen KMMO’s duld nie 

Die sakeorganisasie Sakeliga het vandag rasbaseerde kriteria vir Covid-19 finansiële bystand aan klein besighede verwerp. “Ons merk met kommer dat die nuut-gestigte hulpfonds vir klein en medium sakeondernemings van aansoekers vereis om die ras van aandeelhouers en werknemers aan te dui. Die Covid-19 krisis is allesbehalwe die tyd vir die regering om BEE-kriteria toe pas. Dit is tyd vir ‘n buitengewone ophef van oorbodige ideologiese ingrepe sodat die klein- […]